Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Tuis

Tuis Werf 2023
Magazine

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

Tuis

HALLO

Maak tuin MET MOOIGOED • Dekorelemente soos gekrulde yster en verweerde hekkies het ’n ereplek in Eunice Swanepoel se tuin.

Vele hande, ligte werk… • Danksy harde werk en arms vol steggies spog Zegrys Pelzer se tuin in Pietermaritzburg met ’n wêreld se plante!

In pas met die natuur • Om met min water tuin te maak, is nie maklik nie. Maar Rooibergkrans se mense weet hoe …

BEDDINGS VOL rose en krismisrose! • In Adele van Staden se tuin het elkeen van haar gunstelinge ’n plek.

’n Ruigtetuin net soos die veld • Met die omgewing se inheemse skatte maak Gerda Coetzee tuin soos Moeder Natuur.

Kuns op ’n posseël • Retha Swart se liefde vir mosaïek het die ontwerp van haar tuin in Durbanville geïnspireer.

Mooi SONDER moeite! • Al is dié tuin klein, wag daar iets nuuts om elke draai.

KLEIN MAAR kleurvol • Ina se meenthuistuin in Bloemfontein is heeljaar ’n treffer, grootliks te danke aan gryswater.

Vryheid binne perke • In dié kothuistuin kies die blomme self waar hulle wil groei.

Wees slim AS JOU TUIN KLEIN IS! • Skep ’n klein tuin wat aan jou behoeftes voldoen, sê Neville Orsmond van Create a Landscape in Johannesburg.

ROOSRAAD van ’n kenner • Nan Steyn van Swellendam se lewe draai om rose. Sy vertel van haar liefde vir dié blom, en deel raad uit vir die mooiste roostuin.

PASMAATS vir jou rose • Gee jou roosbedding nog meer kleur met die perfekte metgeselplante!

Rooskalender • Maak só vir mooi rose – maand na maand!

’n Heining vir elke tuin • Elke tuin het plek vir ’n heining. Volg die tuinkenner Pietman Diener se raad en kies die regte een vir jou tuin.

Lewende kuns • Wou jy nog altyd ’n tuin met vormsnoeiplante en -patrone hê? Hier is raad.

MIN WATER, baie blomme! • Water is kosbaar. Maar met dié waterslim staatmakers sal jy steeds beloon word met ’n oorvloed blomme, is ons vyf kenners se raad.

LAAT GROEI JOU grond toe • Kenners vertel waar en hoekom dié grondbedekkers vir hulle werk.

SKOONHEID IN groot getalle • Gee trefkrag met groot groepe van dieselfde plante, selfs in ’n klein tuin.

Vreugde UIT ’n sespak • Saailinge van kleurvolle eenjariges maak jou tuin in ’n japtrap mooi!

SPOG MET JOU vettes! • In hangmandjies, blikkies, potte en kissies – met vetplante maak jy sommer maklik mooi.

Kies ’n klimplant • Rankplante gee ekstra dimensie aan jou tuin.

KEN jou grond • As dit by ’n gelukkige tuin kom, speel jou grond ’n deurslaggewende rol.

Ja, jy kan self kompos maak • Met min plek en ’n bietjie moeite kan jy kompos in jou agterplaas maak – op die goeie ou manier.

Dink koelkop! • Gooi ’n deklaag rondom jou plante en hou die grond koel en vogtig vir langer.

GENIET JOU EIE groente • Niks is so vars, gesond en bevredigend soos iets te ete uit jou eie organiese kombuistuin nie.

Saai BEDDINGS VOL blomme • Met net ’n paar pakkies blomsaad kan jy met ’n kleurvolle tuin spog!

Tuintake • Geen...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 164 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Tuis Werf 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: September 8, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Home & Garden

Languages

Afrikaans