Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO
Tuis
Na jou smaak • Dié lesers het hul eie stempel afgedruk met besonderse ontwerpe, uitgesoekte materiale en treffende kleurkombinasies.
‘EK DOEN waarvan EK HOU’ • As onstuitbare opknapper het Karin Cronjé haar eie huis perfek vir haar behoeftes aangepas.
‘NIKS KON my keer NIE’ • Haar eklektiese huis vol kleur en tekstuur is vir Francoisnette van Hoogstraten ’n droom wat waar geword het.
Kliphuis IN DIE BOS • Pleks van die motorhuis op hulle bouplanne het twee dertig-plussers ’n sjarmante klipkothuis geskep wat sagkens tussen die inheemse bome verdwyn.
Skandi VERRYK MET boho • Verf het ’n groot rol gespeel in die omskepping van ’n saai woonstel in dié aanloklike tuiste.
Kleur & geur ONTMOET • Die glanssjef en smaakmaker Herman Lensing wys hoe hy sy 70’s-huis in ’n slim en stylvolle woon-en-werkplek omskep het.
EEN VLAK OP • Hoog bo die geskiedkundige Bo-Kaap is ’n siellose kantoorblok omskep in ’n lieflike tuiste wat sy inwoners laat spin van plesier.
’N TUISTE vol stories EN PLESIERIGHEID • In ’n ouwêreldse Johannesburgse buurt met reusejakarandas en voëlsang het Lefras Uys sy woonstel mooigemaak met onthougoed wat elkeen sy eie verhaal vertel.
Argitektuur VIR ALTYD • Toe ’n argitek-egpaar toevallig ’n ikoniese modernistiese huis teëkom, kon hulle nie anders as oppak en trek nie.
GISTER SE ONTHOU in volkleur • Dié leser is nou al amper soos ’n redaksielid van Tuis – en sy projekte bly ons inspireer.
KNUS TEEN DIE Heuningberg • ’n Kompakte vraghouerhuisie sit netjies teen ’n heuwel op ’n werkende familieplaas.
Jou alles-in-een-VLOERGIDS • As jy opknap, dink mooi oor jou vloere, want dis duur en ontwrigtend om later te vervang. Ons kyk na die voor- en nadele van 15 gewilde keuses wat ons gereeld in leserhuise sien.
Ons 100 BESTE OPKNAPWENKE! Leefvertrekke • Die afgelope 20 jaar het ons honderde slim opknappe en stylvolle vernuwings beskryf, ook ’n paar van ons eie. Ons deel graag wat ons geleer het ...