Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO!
Tuis
Pak dit uit! • Laat jou kreatiwiteit blom met dié alles-in-een-geregte, perfek vir ’n tuinparty of moeitelose kuier.
Skeppend met deeg • Min dinge kom by die geur van varsgebakte brood en pasteie, en dié resepte kan jy vinnig optower...
Vat ’n pakkie maalvleis … • ... en gaan op ’n geurreis om die wêreld. Want wie’t gesê maalvleis is alledaags?
Kerriekos • Die regte kombinasie speserye gee ’n vinnige ete woema en maak jou warm van binne.
Hoera vir hoender • Van ou bekendes tot eksotiese treffers, alles met hoender.
Geniet meer groente • Dié vegetariese wenners bewys jy kán minder vleis eet!
Tyd vir ’n soetigheid • Iets soets op die tong is altyd goed vir die siel. Proe die genot in elke happie!