Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO
Tuis
Ons lesers sê
Vir jou mure • Maak ’n stylstelling met ’n prettige muurprent, getekstureerde teëls of interessante rakke wat perfek is vir uitstallings.
Wat’s nuut • Stuur dekor- en leefstylnuus na johane.neilson@tuis.co.za.
TOEVLUG VIR TWEE stadsjapies • Die meetsnoere het net reg geval toe twee bekende akteurs die stadslewe vir ’n sjarmante plattelandse huis uit die jare veertig verruil het.
Verskuilde skat • Dié Kaapse kothuis word gereeld verfris sodat dit altyd die eienaar se styl weerspieël.
‘MY HUIS verander heeltyd’ • Die interieurontwerper en onstuitbare opknapper Debbie Luke wys haar nuutste projek – en ons is gek daaroor!
Kleurterapie • Die trends vir 2025 fokus almal op die skep van ruimtes wat jou persoonlikheid wys – en jou siel voed
KLEIN PARADYS DIE SKOKKE & FLATERS! • Die ses spanne wat deelneem aan Klein Paradys op kykNET, moes klippe kou om hul mikrohuise in te rig.
Onder dak • ’n Klein gastekamer is nou byna dubbel so groot nadat die oop balkon langsaan toegebou is.
MAAK GELD MET JOU HUIS! • Na die reusesukses met Airbnb in 2018 doen ons dit weer met die tweede Tuis | Home ‘Home Sharing’- konferensie, aangebied in vennootskap met Mr Price Home.
HIER’S DIE WENNERS! • Die kampioene van die Regruk met flair 2024-kompetisie gee vars inspirasie vir mense wie se hande jeuk om ’n opknap te takel.
Met net verf… • Gee ’n moeë kombuis weer oemf!
Vra die kenners • Soek jy teëlinspirasie of wenke om jou huis ordentlik op te ruim? Vra net – ons kry die antwoorde.
Dieremaniere
Tuindagboek
STERKMANKOS!
Tuinkopies
BLOKRAAI #181
PERFEK VIR ENIGE okkasie • ’n Binneontwerper het haar towerstaf buite geswaai en ’n meesterlike minmoeite-tuin op twee vlakke geskep waar sy na hartelus kan ontspan en onthaal!
’N KLEIN kunswerk • Spatsels kleur, verskillende teksture en ’n paadjie van gruisklip skep ’n droommooi prentjie in dié agtertuin.
Sonskyn, SUUR LEMOEN & saffraan • Dek tafel buite en sit aan vir ’n Mediterreense fees.
BESSIEKONFYT-rolkoek • Geen koekpan? Geen probleem! Dié eenvoudige rolkoek bak vinnig met spensbestanddele sommer in ’n bakplaatjie.
Kos is op die tafel!
Kos & drank
Waar ek en my storie hoort • Sy wou op slag huis oppak en trek, skryf Karin Brynard, maar toe gaan haar oë oop vir dit wat sy het.