Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Tuis

Jul 01 2023
Magazine

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

HALLO

Tuis

Ons lesers sê

DOEN ’N SLAG iets anders! • Ontdek jou kreatiewe siel met inspirasie van Sharon Welman se towerkwas in St. Francisbaai.

Wat’s nuut • Wil jy ons van iets nuuts vertel? Stuur e-pos na nuus@tuis.co.za.

lieflike Ons leë nes • Die Muirs het hul ruim gesinshuis verruil vir ’n sjiek landgoedwoning teen die hange van Constantiaberg.

3 generasies onder een dak • ’n Hegte gesin van Bloemfontein deel ’n huis, maar elke huishouding het sy eie kombuis, leefvertrek, slaapkamers en badkamer – en veral privaatheid.

Eklekties ELEGANT • Die fees van kleur en patrone in dié Swartlandse huis verseker dat Franse en Victoriaanse elemente stylvol skouers skuur met kontemporêre argitektuur.

Plek om te droom • Kenners wys hoe jy karakter en trefkrag in jou mees persoonlike ruimte bring.

Met sorg vernuwe – in net vier weke! • Die huis het wel gesmeek om aandag, sê Laurell Pelser, maar sy het dadelik tuis gevoel toe sy daar instap.

SKRYF IN & WEN! • Dis weer sulke tyd, maar met ’n kinkel! Danksy ’n opwindende nuwe kategorie beloop die prysgeld in ons jaarlikse Regruk met Flair- kompetisie vanjaar ’n allemintige R125 000!

Vra die kenners • Wonder jy oor die nuutste trends in kombuisontwerp, of hoe om jou leefvertrek te verfris? Vra net – ons kry die antwoorde.

Dieremaniere

ONS GESELS kopstukke • Maak ’n elegante rugleuning waarteen jy sag kan sit en lees of gesels voor jy die lig afskakel.

Dié maand in jou tuin

Tuinkopies

BLOKRAAI #168

’n Stukkie paradys • In dié tuin kan jy nie anders as om droomverlore al met die tuinpaadjies langs te stap nie.

Kerrie in ’n kits • Op ’n koue winteraand gee die regte kombinasie speserye woema aan ’n vinnige ete en maak jou warm van binne.

Spoggerige appeltert • Geniet dié romerige appeltert in goue fillodeeg warm met teetyd of as poeding, met of sonder ’n strooisel versiersuiker bo-oor.

Kos is op die tafel!

Kos & drank

KIES JY KARAKTER, of kies jy krag? • Die silwer randjie om beurtkrag, ontdek Karin Brynard, se battery is toe pap.

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 133 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Jul 01 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: June 2, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Home & Garden

Languages

Afrikaans