Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO
Tuis
Ons lesers sê • Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of stuur e-pos na redakteur@tuis.co.za. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.
Uit & tuis • ’n Paar jaar in die buiteland het dié huiseienaars geïnspireer om hul huise hier ’n Britse kinkel te gee.
Wat’s nuut
Tapisserie VAN STYLE • Langs die braaivleisvure by dié huis word daar ure om gekuier en tot ounag toe stories vertel.
VAN TOEKA tot nou • Dié bekoorlike Victoriaanse huis in die Kaapse middestad eer sy ryk geskiedenis terwyl ’n jong gesin ook hul eie byderwetse styl hier kan uitleef.
’N VISIOEN VERRYS • Dié romantiese huis in die Middelland van KZN, gevul met eksotiese vondste, gee vorm aan ’n jarelange droom.
Buite is beter MET ’N TIKKIE ELEGANSIE • ’n Goed beplande stoep maak ’n yslike verskil!
Trek weg of maak reg! • ’n Voorheen klein agterstoep is vandag ’n stylvolle en gesellige kuierplek vol reisherinneringe.
So mooi soos hout • Skep ’n houtafwerking met ’n greinstempel.
Vra die kenners • Sukkel jy om voegbry skoon te kry, of wil jy weet hoe om veilig te wees wanneer jy met gas en elektrisiteit kook? Vra net – ons kry die antwoorde.
Dieremaniere • Ag, hoe dier-baar!
Dié maand in jou tuin • Verfraai jou balkon met groenigheid en kleurryke blomme!
Tuinkopies • Saamgestel deur Beatrice Moore-Nöthnagel
BLOKRAAI #171 • Saamgestel deur Gerda Engelbrecht
Annemarié SE ROOSKINDERS • Waar Annemarié Meyer tuinmaak, raak die rose altyd net meer.
Koel & kalm • Wit in ’n tuin is baie stylvol en skep ’n koel, vredige gevoel.
Pak dit uit! • Laat jou kreatiwiteit blom met dié alles-in-een-geregte, perfek vir ’n tuinparty of moeitelose kuier.
Kos is op die tafel!
Kos & drank
Die groot vet maer oorlog • Is jy vol, rond, vet, geset? Of is jy mollig, mals, plomp of gul gevul? Daar lê die ding, sê Karin Brynard.