Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Tuis

Feb 23 2025
Magazine

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

HALLO

Tuis

Ons lesers sê • Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of stuur e-pos na redakteur@tuis.co.za. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.

Houtgerus • Braaivuur, kuiervuur of “atmosvuur” – Suid-Afrikaners is mal oor vlamme, en daarvoor wil jy genoeg hout hê, somer en winter.

wat’s nuut

Hoog lig & perfek • “Kleiner lei tot meer doeltreffende gebruik van ruimte – en ons laat elke sentimeter tel!” sê die Meissners oor hul kontemporêre kothuisstyl-woning.

‘Net wat ons nodig het’ • ’n Kreatiewe paartjie wys hul passieprojek wat tot ’n onderneming gelei het.

As ’n straat met jou praat • Net mooi toe Pieter Hoffman dink hy is kláár met opknap aan Carnarvon se afvlerkvoëltjies, kom daar nog een oor sy pad: ’n nagmaalhuisie met vier ewe vervalle maats. Hoe kan ’n man dan nee sê.

Sprokie VIR ’N stadskind • ’n Jong gesin skep ’n gevoel van ruimte in ’n erfenishuis.

Dekor wat werk • Dekortrends kom en gaan, maar met dié basiese riglyne sal jou plek altyd in die kol wees. Volg net dié vyf kenners se wenke.

Bou ’n bron van inkomste • Die natuur is ongetwyfeld die hoofrolspeler in hierdie gastewoonstel tussen die bome.

ONTMOET DIE WENNERS! • Die kampioene en naaswenners in die drie kategorieë van ons jaarlikse opknapwedstryd het ons soos altyd voorwaar beïndruk.

Met die intrapslag ... • Beklee ’n muur met vloerplanke en skep ’n nuttige fokuspunt by jou voordeur.

Vra die kenners • Kort jy hulp met jou kombuisontwerp, of wenke oor hoe om ou staalkaste te verf? Vra net – ons kry die antwoorde.

Dieremaniere

Dié maand in jou tuin

Tuinkopies

Saamgestel deur Gerda Engelbrecht

Dis ’n grasdak! • Ornamentele grasse is perfek vir ’n tuin op ’n dak.

Lowerryke toevlug • Dié kompakte stadstuin het sy dramatiese persoonlikheid te danke aan ’n menigte groene en blaarvorms.

Goed siel! VIR DIE • Waar die Overberg en Klein-Karoo ontmoet, het Terry de Vries ’n tuin in pas met die natuur geskep.

6 trotse BURGERS • Met ’n tradisionele rolletjie, pitabroodjies of roti staan hierdie burgers – dubbeldik óf handpas – hul plek vol op enige tafel!

Paptertjies met mozzarella • Dié bros papblokkies is ’n heerlike bykos of voorgereg.

Kos is op die tafel! • Vinnige, maklike etes vir weeksaande.

kos &drank

Ou henne op safari • ’n Luukse lodge-safari het haar met nuwe oë na vriendskap laat kyk, skryf Karin Brynard. En na ouderdom.

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 133 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Feb 23 2025

OverDrive Magazine

  • Release date: January 27, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Home & Garden

Languages

Afrikaans