Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO
Ons lesers sê • Stuur ’n e-pos na redakteur@tuis.co.za en skryf in die onderwerpreël: Brieweblad. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.
Ry die golf • Hier’s inspirasie vir jou eie huisie by die see.
Hier’s 2025 se trends
HUIS IN DIE paradys • ’n Jong gesin het Johannesburg se stadsliggies verruil vir die loslitleefstyl van die noordkus van KwaZulu-Natal.
VAT ’N kwas EN BYT VAS • Binne net drie maande het ’n kreatiewe paartjie hul ouderwetse eenslaapkamereenheid omskep in ’n tuiste vol kleur en plante, wat hul liefde vir die natuur weerspieël.
‘ONS HUIS IS SOOS ’n stywe drukkie’ • Agter die allermooiste wit muur op Struisbaai staan ’n strandhuis wat ’n argitek met groot sorg as ’n heiligdom vir sy hartsmense gebou het.
HIER IS DIE TOP 12! • Meer as R125 000 kontant kan gewen word in ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie. Hier is die finaliste vir 2024.
VAN motorhuis TOT mooiste GASTEBLYPLEK • Dié Airbnb is ’n toonvenster vir die eienaars se ontwerptalent en hul waardering vir herwinde items – én dit is pragtig in pas met Irene se argitektuur.
Vra die kenners • Kort jy inspirasie vir jou nuwe kombuisontwerp of wenke vir ’n gerieflike gastekamer? Vra net – ons kry die antwoorde.
KLEIN PARADYS ONTWERP JÝ & WEN!
Diere-maniere • Vakansiekoors! Saamgestel deur Beatrice Moore-Nöthnagel
Tuindagboek • Hou jou tuin op sy feesbeste, of jy tuisbly of weggaan en al is dit snikheet buite.
Tuinkopies
FIRED EARTH ROOKIE STYLIST CHALLENGE • Ná ’n afwesigheid van amper twee jaar is ons Rookie Stylist-kompetisie terug – met ’n heerlike, kleurvolle kinkel. Jy kan fantastiese pryse wen!
BLOKRAAI #180
LEEF UIT jou tuin! • Vir Suretha van Heerden moet ’n tuin mooi én nuttig wees. Dis dié dat blomme en groente sy aan sy in haar beddings groei.
Hemelse kuns • Lara Sage se tuin in Franschhoek is ’n viering van die veranderende seisoene en ’n genot vir elke sintuig.
Meng & pas • Ons het drie heerlike Kers-spyskaarte beplan om jou lewe te vergemaklik. Kies jou gunsteling of meng geregte uit die verskillende spyskaarte. Of nog beter: berei al drie spyskaarte en pak ’n oorvloedige buffet uit – al die geregte komplementeer mekaar!
Kos is op die tafel!
Kos & drank
Tuis
DIE Nuwejaarslys • Die Krismispoeding is skaars verteer, of jou lang lys Nuwejaarsvoornemens lê klaar. Maar wat, vra Karin Brynard, het van die ou lyste geword?