Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Tuis

Dec/Jan 2023/2024
Magazine

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

HALLO

Tuis

Ons lesers sê • Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of stuur e-pos na redakteur@tuis.co.za. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.

Merke, gereed, somer! • Dié huiseienaars het asemrowende kuierruimtes geskep met kleure, patrone, en ’n skerp oog vir ontwerp.

Wat’s nuut Trends vir 2024! • Wil jy ons van iets nuuts vertel? Stuur e-pos na johane.neilson@tuis.co.za.

Kuns en kleur IN KALKBAAI • Teen die blou agtergrond van die see het ’n Gautengse paar hul vakansiehuis gevul met onverwagse kleurkombinasies.

DIÉ IS ONS trouhuis! • ’n Afgeleefde huis van 100 jaar oud het haar skoonheid en historiese sjarme herwin danksy twee kreatiewe siele.

HEMEL OP DIE platteland • Van al die voordele wat ’n Swartlandse dorp twee stadsjapies gebied het, was die ménse die grootste verrassing.

HIER IS DIE TOP-12 • Daar’s ’n tamaai R133 000 kontant in ons jaarlikse Regruk met Flair- kompetisie op die spel! Ontmoet die voorlopers vir 2023.

AS DIE donkermaan ROEP… • Die mikrohuisie wat Jeremy Puren knus in ’n kloof gebou het, het hom tydsaam en sagkens gewys: Jy het nie baie nodig om weer die mooi in die lewe te sien nie.

Nommerpas • Werk by die huis is vir baie mense steeds ’n realiteit. Dink slim en benut jou ruimte ten volle.

Vra die kenners • Soek jy hulp met ’n nuwe kombuisontwerp of wenke oor mindfulness in jou huis? Vra net – ons kry die antwoorde.

Kortliks

Dieremaniere • Saamgestel deur Beatrice Moore-Nöthnagel

Dié maand in jou tuin

Tuinkopies • Saamgestel deur Beatrice Moore-Nöthnagel

BLOKRAAI #172 • Saamgestel deur Gerda Engelbrecht

VAN VAAL TOT kreatief • ’n Onherbergsame agterplaas is nou ’n mooi en stimulerende plek waar na hartelus geskep word.

‘EK HET MY ware passie GEVIND...’ • Deur haar omgewing oor baie jare te herontwerp en te vernuwe het die interieurontwerper Kwezi Nkanza ’n lieflike, sielsverrykende tuin met vele fasette geskep.

DIE GROOT vyf • Heel hoender, varkblad, lamsboud, beesrol en heel geelstert – dié menere is groot genoeg om die hele familie te trakteer; boonop het ons slim planne met die oorskiet.

TWEE MAAL so lekker • Die beste deel van feeskos is die oorskiet! Maak Tweede Kersdag vanjaar ekstra spesiaal met hierdie vyf slim planne vir verder feesvier.

Klein MAAR GETREIN

Kos & drank

Krismis in die Karoo • Vir sommige, sê Karin Brynard, is dit ’n tyd van vrede. Vir ander ’n fiasko.

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 133 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Dec/Jan 2023/2024

OverDrive Magazine

  • Release date: November 17, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Home & Garden

Languages

Afrikaans