Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
Tuis
HALLO
Nog ’n kans … • Verkyk jou aan dié kaste wat nuwe lewe gekry het met ’n leksel verf, mooi stensils en tonne kreatiwiteit.
’n Blou om te onthou • Toe ’n voornemende bruid nie haar droomrok kon kry nie, het die moeder van die bruid uit-die-verfblik begin dink…
Van romanties tot dramaties • Ons is dol oor die gedaantewisseling van dié moderne “plaashuis”.
Trek in en maak reg! • Dié jong gesin het ’n karaktervolle huis vir hul eie leefwyse aangepas sonder om afbreuk te doen aan sy skoonheid.
‘Jy’s die kampioen!’ • Harde werk oor baie maande het aan dié deelnemer van verlede jaar se Tjhoko Champs-kompetisie die titel van haar drome besorg.
Ligter & helderder • Nuwe kleur het hierdie kombuis van vaal en vervelig verhef tot vars en verruklik.
Knus in wit • Koebaai, donker en saai – hallo, helder en gesellig!
‘Verf maak als reg en mooi’ • Op ’n tafeldruiweplaas naby De Doorns het Salomé van Deventer die badkamer van hul ou plaashuis tot ’n prentjiemooi moderne vertrek omgetower.
Van stief tot stylvol • ’n Tiener van Pretoria het wondere verrig deur ’n afskeepvertrek in hul huis in ’n verwelkomende gastekamer te omskep – en dit alles binne net een maand.
Romanse in die blom! • Selfs nie die grootste liefde kan van ’n vaal slaapkamer ’n knus liefdeshoekie maak nie. Maar ’n blou muur met pioenrose en ’n tikkie goud sal dalk net die bordjies verhang…
SKRYF IN & WEN! • Dis weer sulke tyd, maar met ’n kinkel! Danksy ’n opwindende nuwe kategorie beloop die prysgeld in ons jaarlikse Regruk met Flairkompetisie vanjaar ’n allemintige R125 000!
Als is beter met kleur • Kry inspirasie van ons vernuftige lesers en gebruik kleur vir nuwe woema in jou leefruimte.
Kom saam winkels toe
STAP VIR STAP met KRYTVERF
Sjuut, luister… • Party mure vertel stories van tye lank gelede, ander nié. Hanlie Bonafede van Urban Chalk wys hoe jy ’n muur aan die praat kry.
Waag ’n slag! • Dié kas was pasella toe die Van Zyls ’n nuwe huis koop, en danksy die stensils in verlede jaar se Tuis Verf Dit lyk dit nou alte spoggerig.
Ene elegansie • Gee ’n soliede dog saai eikehoutbuffet nuwe swier met ’n paar kleurvolle kwashale en ’n tikkie blieng.
Goudgeel skoonheid • Nadat dié buro se eienaar die 2017-fliekweergawe van Beauty and the Beast gesien het, moes dit eenvoudig ’n geel rok kry, net soos die karakter Belle.
Vir sag insluimer • Knoopdoop jou eie lap en maak ’n lekker lang kussing pleks van ’n kopstuk vir jou bed!
Roes in ’n kits • Nan Day van Simply French wys hoe ’n dientafel hierdie besonderse verweerde voorkoms gekry het.
Meet en pas • Gee jou huis ’n retro kinkel met ’n kleurvolle kabinet in ’n nuwe baadjie van abstrakte “teëls”.
Kies groen! • Kikker ’n kassie op met verf en ’n stensil – Nan Day van Simply French wys jou hoe…
Raam dit! • Gee ’n afgeleefde gangkas ’n kontemporêre Shaker-voorkoms en ’n vars laag verf.
Voeg net water by • Nan Day van Simply French wys hoe werk die “nat...