Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO
Tuis
Ons lesers sê • Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of stuur e-pos na redakteur@tuis.co.za. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.
Fyn beplan vir visuele plesier • Dié besonderse vertrekke wys hoe die perfekte palet en proporsies ’n ruimte kan lewe gee.
Wat’s nuut • Stuur dekor- en leefstylnuus na johane.neilson@tuis.co.za.
Gestroop MAAR RYK monochroom • ’n Ontwerper wys hoe ’n rokerige palet, natuurlike materiale en die regte teksture ’n opwindende interieur skep.
Sprokie in die stad • Met ’n geil tuin en ’n imposante toring uit die 1800’s, is dié huis in Tamboerskloof vir die Le Cordeur-gesin ’n veilige hawe gevul met kreatiwiteit.
’n Fantasie in volkleur • Vrolike patrone en ’n helder palet skep ’n verrassende dekorsimfonie om elke hoek en draai van hierdie naweekhuis in die Overberg.
Mooier, beter badkamer • Aandag aan detail maak kontemporêre ontwerp suksesvol.
INKOPIES
'Ons leef in ons eie droom’ • Die verhaal van twee 31-jariges wat ’n gehawende dakwoonstel in Pretoria in ware New York-styl herstel het, is een van aanhou en uithou.
Vra die kenners • Soek jy mooi bêreplanne of vinnige, maklike maniere om jou blyplek knus te maak? Vra net – ons kry die antwoorde.
Tuindagboek • As jou kombuistuintjie te beknop is, plant vertikaal!
Tuinkopies
BLOKRAAI #177
Dieremaniere
DIE DRAADHEINING wat bly skuif het • Bella van Staden het eenvoudig hul grensdraad bly skuif om haar droomtuin groter te kry – tot haar man ’n muur gebou het.
EK SOU KON DOEN MET ’N SAMPIOEN • Die aardse geur en vlesige tekstuur van sampioene maak die veelsydige paddastoel ’n sterbestanddeel in vegetariese én vleisgeregte.
Taaitoffie-poeding MET LEMOEN EN GEMMER • Die immergewilde nagereg deurdrenk met ’n dekadente karamelsous is nog lekkerder met die byvoeging van lemoenskil en gemmer!
Kos is op die tafel!
Kos & drank
DIE laafnis VAN MOOI • Maak nie saak hoe sleg jou dag verloop nie, skryf Karin Brynard, mens moet plek maak vir mooi.