Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO
Tuis
Ons lesers sê
Binnestebuite • Kies organiese motiewe, aardse afwerkings en geil groenigheid om binne en buite saam te snoer tot lieflike, kalm ruimtes.
Wat’s nuut • Wil jy ons van iets nuuts vertel? Stuur e-pos na nuus@tuis.co.za.
Oud, nuut & retro • ’n Binneversierder wys hoe lekker verskillende style en teksture saamspeel in haar eie huis.
’n Stukkie plaas in die stad • ’n 100 jaar oue huis in die Goudstad is ’n rustige toevlugsoord vir die De Wets.
Voel soos vakansie • Gereelde reise na Bali het Jodi Lawrence geïnspireer om haar huis as ’n toevlug in te rig.
’n Fees vir die oog • Dié s laat jou ontwer es kombuise nuut dink oor p, kleure en lig.
ONTWERP & WEN JOU DROOMKOMBUIS! • R100000 se asemrowende losstaande kaste van Milestone Kitchens kan joune wees ...
‘Die huis glimlag weer’ • Ná ’n lang draai in Asië verloor ’n Vrystaatse boerseun sy hart – maar vind sy voete – op Philadelphia.
Sag op die oog • Kurwes op al die regte plekke maak dié retro boekrak ’n treffer!
Vra die kenners • Soek jy raad oor die verf van antieke meubels? Of wil jy weet wat is die vereistes vir installasies by ’n nuwe gasstoof? Vra net – ons kry die antwoorde.
Dieremaniere
Dié maand in jou tuin
Tuinkopies
BLOKRAAI #166
Broekieskant & rose • Meer as ’n eeu nadat dié Victoriaanse huis gebou is, bring goed beplande tuinkamers steeds haar styl en skoonheid na vore.
GEURE VAN GISTER • Roep ou herinneringe op met anys, kaneel, Peppermint Crisp, klapper, kondensmelk, rooibos, rosyntjies, biltong, souttert...
Kos is op die tafel! • Vinnige, maklike etes vir weeksaande.
Kos & drank
’n Preek vanuit ’n kis • Karin Brynard leer by ’n oorledene hoe dit is om regtig te lééf.