Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO
Tuis
ALLE OË OP struktuur • Landskappe word meesterstukke wanneer die regte materiale en plante vindingryk saam gebruik word, ongeag die styl.
VERSTEEKTE toevlug • ’n Kleurryke kombinasie van teëls, potte, ornamente en traliewerk in dié binnehof skep rus en vrede sonder gelyke.
Buite is beter • By dié plaashuis op Stanford vorm ’n onderdakstoep met sy lieflike uitsigte op die Overberg die middelpunt van alles.
Van nul tot 100% • Dié nuwe lushof met oorgenoeg sitplek verdien voorwaar volpunte!
Sielsalige SONSKYNDAE • Danksy innoverende denke is ’n agterplaas in ’n wonderlike uitspanplek vir die argitek Mark Thomas en sy gesin omskep.
Kom sit by my! • Hier is dit heerlik koel in die somer en warm in die winter!
KOK SE koninkryk • Dié buitekombuis digby ’n verhewe ronde braaiplek is ekstra gesellig danksy die houtbekleding. En kyk die lekker pakplek vir stompies!
Kuier in styl uit ’n boks • Dié slim ingerigte vraghouer op ’n plaas buite Beaufort-Wes is dalk net die oplossing vir jou werf as jou binnekombuis te ver van jou buitekuierkol af is.
Eksieperfeksie • Almal is deesdae welkom op dié voorstoep wat voorheen “net gewoon lelik” was.
Stel jou grense • Met ’n paar slim planne kan jy ’n onooglike tuinmuur in ’n fokuspunt omskep. Hier is inspirasie!
Salig LANGS ’N SWEMBAD • Kyk bietjie na dié stylvolle en gesellige kuierkolle langs die water.
Verlig jou tuin • Tuinligte is nie net ’n praktiese element nie, dit gee saans lewe aan jou buite-areas en help met sekuriteit. Ons het gaan “kers opsteek” by vier kenners ...
MIK hoër! • Verhewe beddings is ’n uitstekende manier om ’n tuin interessanter te laat lyk. Daarby is dit makliker om daarin te werk en die bedding te onderhou.
Slim plan met kleigrond • Ondanks ’n dorre omgewing geniet dié jong gesin vandag ’n geil, groen oase.
Kom stap saam ... • ’n Tuinpaadjie is veel meer as die loopvlak tussen jou hekkie en voordeur. Dit is ook ’n ontwerpelement wat diepte en tekstuur na jou tuin bring. Vier kenners gee raad.
Een met die veld • Inheemse blomme tussen wuiwende gras laat dié tuin naatloos met sy omgewing saamsmelt.
KAMERS VOL verrassings • In dié “geboude” tuin lei een lieflike vertrek jou na die volgende.
SY EERSTE liefde! • Die dag toe hy sy eerste roos gekoop het, het Shaun van Huyssteen sy hart op dié blomme verloor!
’n Oorvloed KLEUR! • As jou plek min is, maak soos Christo Calitz en skep ’n droomtuin met potte en hangmandjies!
‘n Paradys NEFFENS DIE HEL! • Oudhede en dekorstukke maak 'n interessante tuin op Prins Albert.
Soveel mooier! • ’n Klassieke swart-enwit mosaïek-ontwerp gee dié stoep ’n vars voorkoms – dis iets wat jy ook kan doen!
Dis die een! • Elke kuierstoep kort ’n paar van dié vrolike sleutelgatstoeltjies – een is ekstra sitplek, twee ’n kanttafeltjie, vier word ’n koffietafel ...
SITPLEK in die son • Sitplek is altyd ’n aanwins in jou tuin. Bou self een en geniet die somerweer.
In lyn met die 60’s...