Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO
Tuis
Ons lesers sê • Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of stuur e-pos na redakteur@tuis.co.za. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.
SKERP ontwerp • Met hope gesamentlike talent het ’n binneontwerper en haar man, ’n eiendomsontwikkelaar, ’n ou huis gered met ruimtes wat van een na die ander vloei.
Wat’s nuut • Stuur dekor- en leefstylnuus na johane.neilson@tuis.co.za.
EKLEKTIESE kleure & PATRONE • Hoog bo die Paarl is ’n elegante gesinshuis waar ’n ma van drie haar stempel met kleur en patrone afdruk.
TATTA TOSKANE, HALLO Waterkloof • Gestroop van sy uitlandse styl uit die 1990’s trek dié elegante huis nou om die regte redes al die aandag.
STYLVOLLE stoepe
KOM SAAM winkels toe!
KLEIN PARADYS • Dis g’n sommerso poppehuisie-joppie nie. Om ses leë mikro-eenhede binne net vier weke in spoggerige vyfsterverblyf om te tower, wil gedoen wees!
Volsirkel • ’n Gesinshuis in Welgemoed glimlag weer nadat sy nuwe eienaars die pad van 1972 na die 21ste eeu saam met sy oorspronklike argitek geloop het.
FIRED EARTH ROOKIE STYLIST CHALLENGE • Ná ’n afwesigheid van amper twee jaar is ons Rookie Stylist-kompetisie terug – met ’n heerlike, kleurvolle kinkel. Jy kan fantastiese pryse wen!
Vra die kenners • Lus vir eksperimenteer met erfenismeubels in ’n kontemporêre ruimte? Wonder jy oor byderwetse neutrale dekor? Vra net – ons kry die antwoorde.
Tuindagboek • Lyk jou stoep moeg hier teen die jaareind? Dra potte vol kleur in!
BLOKRAAI #179 • Saamgestel deur Gerda Engelbrecht
Dieremaniere • Die somer is hier – en die diere is vol energie!
Verskuif JOU GRENSE • Dié Goudstadse gesin het geen steen onaangeroer gelaat toe hulle meer speel-, leef- en onthaalruimte wou skep nie.
‘My tuin propvol herinneringe’ • Omtrent elke plant op haar werf laat dié toegewyde tuinier aan ’n spesiale plek of mens in haar lewe dink.
Hang uit met ’n FEESONTBYT • ’n Laatontbyt is een van die lekkerste maniere van onthaal – veral met dié spogresepte!
Kos is op die tafel!
Kos & drank
Koopgids • Sorg vir die hele gesin deur jou mandjie met hierdie kopies te vul!
TOE sielkunde nog maklik was • Moderne ouerskap is nie vir sissies nie, ontdek Karin Brynard, veral as sy sommige jong ouers so beluister.