Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.
WELKOM
Uit die Boks uit vir die Somer
Kynoch se TUINJOERNAAL
Kusgunstelinge • Drie klein vullerstruikies vir kaal kolle wat goed geskik is vir ʼn winderige kustuin.
Plesiere om te ONTDEK ʼn Tuinboukundige meesterstuk wat net aanhou gee … • In die hart van Durbanville genestel, is ʼn tuin wat van die liefde en toewyding van sy eienaars en nougesette versorging deur die tuinboukundige span getuig.
TUINSENTRUM-TOEKENNINGS 2023 • Die Suid-Afrikaanse Kwekeryvereniging (SAKV) het onlangs hul jaarlikse Toekennings vir Tuinsentrum en Tuiswinkel van die Jaar 2023 gehou. Dit was ʼn geleentheid waarna gemoedelik as die Oscars vir tuinmaak verwys word. Verskeie puik tuinsentrums is bekroon om hul noemenswaardige bydrae tot die groenbedryf te vereer.
GAAN LOODREG OP • As jy nie die vertikale ruimte in jou tuin benut nie, loop jy ʼn enorme en wesenlike deel van nie net ontwerp nie, maar ook plekbesparing mis. Plek is in alle tuine skaars, maar veral in stadstuine waar keuse beperk is. Deur regop boontoe te gaan, is die beste manier om “leë ruimte” te benut en jou ontwerp tegelyk te verbeter. Dis ʼn wen-wen-situasie.
3 haastige struike • Die meeste tuiniers wat nuwe struike plant, sal jou vertel dat hulle nie kan wag om hulle te sien groei en blom nie. Alle plante het tyd nodig om hulself in te burger voordat hulle hul beste voetjie kan voorsit, maar sommiges kry dit vinniger reg as ander…
SALVIAS om graag te wil hê • As jou doel blomgevulde randakkers heelsomer is, kies reguit koers na die salie-uitstallings in jou plaaslike kwekery en wees daarop voorbereid dat dit jou asem gaan wegslaan!
Hoe om salies te gebruik • Meerjarige salies gaan goed saam met ander somerblomplante in blomryke tradisionele randakkers, in tuine waar grasse oorwegend is en in gemengde somerhouers.
Heldinne van TUINBOUKUNDE
VETPLANTE WATERSTRYDERHELDE • Die natuur het plante van ʼn aantal aanpassings voorsien om water te bespaar. As jy hierdie kenmerke raaksien, weet jy jy het ʼn waterstryderwenner gevind.
Goeie GOGGAS • In ʼn tuin waar skepsels vrylik op mekaar kan jagmaak, speel die biologiese siklus dramaties uit …
Wat om NOU te doen NOVEMBER
Plant jou jakobregoppe nou • Jakobregoppe het werklik tot hul reg gekom met helder kleure en laag-of hooggroeiende plante, na gelang van wat jy in ʼn tuinbedding of houer verlang.
Tooi jou sipres vir Kersfees • Die kompakte, welige en immergroen sipres in ʼn pot maak ʼn pragtig versierde boom vir die feestyd uit.
Die Prag van BEGONIAS • Vir eindelose kleur en ʼn tuin wat deur die seisoene groeikragtig is, is hierdie jou betroubare keuses.
Meer as net Berging: Waar styl en funksionaliteit bymekaarkom • Hierdie tuinskure van Keter beskerm nie net jou tuingereedskap en voorraad nie, maar maak ook ʼn stelling in jou tuin.
Saai somersaad met MayFord saad • Vir somerkleur in jou tuin kan jy nie ʼn fout maak met ʼn pakkie MayFord-saad nie en die waarde vir geld kan nie geklop word nie.
Sierlike Dahlias • Met ʼn bietjie basiese sorg kan jy hierdie treffende plante met min moeite in jou agterplaas kweek.
COREOPSIS ‘UpTick’ • Plant Coreopsis hibriede, taai meerjariges wat maklik is om te kweek met ʼn massa mooi blomme en kyk hoe die bye en skoenlappers na jou tuin toe kom.
Onderhou Kikoejoe Waterslim • Die grasperk en ander perkgrasse word...