Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.
WELKOM
Tuin-JOERNAAL
3 Vlytige varings • Die fyn kantagtige blare van sommige varings kan ‘n mens mislei om te dink dat hulle te delikaat is om buite in ‘n tuin te groei. Maar in werklikheid is hulle verbasend veerkragtig en gehard en die perfekte oplossing vir skaduryke areas onder en selfs in bome.
TUINMARK Nuttige Katoeters
Ontwikkel OM TE HOU • ‘n Tuin wat voortdurend verander, het ’n lang lewe, wat beslis waar is vir die tuin by Brahman Hills in die Middelland van KwaZulu-Natal.
Kleur van die Jaar BLOUGROEN BO! • As ons na Garden Media se 2025 Garden Trend Report kyk, het ons ‘n goeie idee van watter opwindende dinge in die tuinboubedryf gebeur en op watter tendense om te fokus. Een hiervan was dat blougroen as 2025 se Kleur van die Jaar aangewys is. Wat tuine betref hou dit soveel potensiaal vir “harde” tuinuitleg-idees sowel as plante in.
PRETPROJEKTE vir die Nuwe Jaar
Liewenheersbesie-MUURDEKOR • Eenvoudige materiaal word in ‘n oulike lieweheersbesie omskep om die muur, tuin, of tafel te versier in hierdie prettige projek.
Geverfde KLIPPE • Rivierklippe kan ‘n groot effek in landskappe hê, maar wat as jy hulle opgradeer en jou persoonlike stempel met kleur afdruk?
Hergebruik POTTE • Jou ou geliefde sementtuinornamente en-potte het dalk nodig om die nuwe eeu ingesleep te word. As dit die geval is, lees gerus verder…
Opknapping van FIGUUR-PLANTHOUERS • Ou sementkop-planthouers benodig dalk ‘n opknapping om hulle in die nuwe eeu te bring. Hierdie stappe herskep iets ouds in ‘n nuwe pronkstuk en gee dit nog ‘n paar dekades se gebruik.
GEE JOU tuin ’n energie-inspuiting • Die insluiting van oranje elemente in die tuin is ‘n vinnige manier om die ruimte op te kikker, hetsy deur ‘n muur te verf, ‘n oranje kussing by die tuinmeubels te voeg, ‘n oranje pot te gebruik, of oranje blomme en blare in te werk.
BESPAAR TYD in die tuin • I‘n gejaagde wêreld kan ons almal doen met tydbesparende wenke in die tuin.
VURIGE COLEUS Net reg vir die son • Coleus was tradisioneel ‘n blaarplant vir skaduwee totdat die ‘Premium Sun Collection’-reeks verskyn het. Hierdie nuutste coleus gee hul alles met helder kleurryke blare wat die tuin sal ophelder
IN DIE TUIN SAAM MET TANYA
PLANT ’N kleurontploffing! • Hemelse engelvlerkies en ‘n dwerg-purperwinde kan jou van lente tot herfs met kleur omhul, en sal volgende jaar terugkom om dit alles weer te doen…
GREG SE TOPWENKE
Teken in en wen! • Teken hierdie maand in vir ’n kans om een van elk van Gardena se volledige, volhoubare Ecoline-reeks produkte te wen.
FREDDIE SE GUNSTELINGE
Kweek Wayne se gunstelinge
ROOS VAN DIE MAAND
TUINMAAK MET IZOLDA
KOSTUIN MET WENDY
Doenlys
Kom ons verander die manier hoe ons oor kos dink
Die veelsydigheid van ANTHURIUMS • Met hul blink hartvormige blare en kleurryke blomskede is anthuriums 'n helder en eksotiese toevoeging tot enige huisplantfamilie.
Nulle en kruise • Hou kinders (en volwassenes) vir ure besig met hierdie stylvolle speletjie vir die stoep.
NUUT OP DIE TUINFRONT
BOTANIESE BROKKIES • Delf dieper in die fassinerende wêreld van plante
Maankalender
Die Tuinier Tydskrif
Regruk in 2025! • ‘n Mens behoort ‘n nuwe jaar blymoedig in te gaan en veilig op jou eie troon te sit - die ding...