Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.
WELKOM
Tuin-JOERNAAL
3 klein bome met ongewone vrugte • Hulle hou van koel winters en warm somers, pas perfek in klein tuine en twee sal selfs in groot potte groei. Hulle moet net genoeg son kry, jy moet hulle gereeld water gee en vanaf September tot Februarie maandeliks met ‘n kunsmis vir blomme en vrugte voed. As jy vrugtevlieë en kodlingmotte met lokaas beheer, sal jou beloning eksotiese, baie gesonde vrugte wees wat aan mooi boompies groei…
TUINMARK • NUWE PRODUKTE EN GESKENKE
'n Fyn TAPISSERIE • Hierdie tuin spreek boekdele; al is dit klein, neem dit jou op ‘n fassinerende reis…
Skryf in en wen! • Jy het ‘n kans om hierdie maand ‘n WORX Cordless Blower, Cordless Trimmer, en ‘n Drill Driver Combote wen wanneer jy inskryf.
Pure POT!
KWEEK KAKTUSSE binnenshuis • Vir stresvrye strukturele plante, kweek kaktusse as huisplante.
Raak wild met SCABIOSA • Dit groei in die natuur en versier jou huis – dis beslis die moeite werd om Scabiosa te kweek.
DIAMANT-dipladenia
’N SEE VAN Supertunias
TANYA IN DIE TUIN
EINDELOSE somerprag • Geen gewag meer tot Desember om pragtige krismisrose te geniet nie.
’n KRAAG VIR ’n huisplant • Hierdie projek is nie net dekoratief nie, maar ook nuttig vir plante.
‘n Oorvloed VLOOIKRUID
Sedum takesimense ‘ATLANTIS’
GREG SE WENKE
FREDDIE SE GUNSTELINGE
FUCHSIA: ware skoonhede van die tuin • Fuchsias, afkomstig uit Suider- en Sentraal-Amerika, het ’n beroering in die plantwêreld veroorsaak, wat tot duisende variëteite gelei het, met verenigings, klubs en jaarlikse uitstallings wat net aan hulle gewy is.
ROOS VAN DIE MAAND
TUINMAAK MET IZOLDA
CLEOME Lieflik … en meer • Of jy nou saad saai, saailinge koop, of ’n plant koop wat reeds blom in ‘n kwekery, is Cleome (spinnekopblom) ‘n hittebestande eenjarige plant wat vir lang tye blom en jou sal verras met al sy eienskappe.
VAN SAAD TOT SOTEER • Die oorvloed van die somerseisoen beteken baie tyd in die tuin, om te plant, te oes en te kook – wat ‘n gelukkige plek om te wees!
BLITSGIDS
KWEEK ’N OERWOUD • Tropiese plante is steeds baie gewild, voer ons weg na eksotiese bestemmings en maak plantliefhebbers van ons almal.
KOI-VOEDSEL en -voeding
‘n Plant wat ’n huis kweek • Delf dieper in die fassinerende wêreld van plante
Die opwinding oor bont monstera
Kweek met STYL • ‘n Dekoratiewe kweekmuur met bottels verander jou ruimte in ‘n groen oase terwyl dit jou plantversameling ten toon stel. Dit is ‘n stylvolle, ruimtebesparende manier om plante te kweek en perfek vir klein plekkies. Boonop voeg dit ‘n tikkie kreatiwiteit en natuur by jou dekor, wat jou huis opkikker.
Maankalender
Die Tuinier Tydskrif
Weskus toe! • Wat gebeur daar? Is hulle besig om in die spreekwoordelike ‘tamatiestraat’ te beland?