Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.
WELKOM
TUINMARK • Nuut op die tuinfront
Intekening winskopie
Teken in en wen! • Hê ʼn kans om hierdie maand ʼn fantastiese BLACK+DECKER 3-in-1 Strimmer Grass Trimmer te wen.
TUIN- JOERNAAL
Fyn huisplante • Volgens ons tema“Klein Toekoms” dié maand het ons die kwekerye gefynkam vir piepklein huisplantjies en ʼn paar pragstukke gevind.
Vir die Eenvoudige Vreugde van Groei!
Klein plekke – Groot drome
So goed vir jou! • Hulle is die“paradysvrugte” propvol vitamien-en mineraalkrag wat gelukkig in ruim houers groei. Deur ʼn vrugteboord in potte te maak, gee jou toegang tot eksotiese eetgoed en ʼn interessante en uiters gesonde variasie op jou dieet.
Tuinmaak daar bo • Wat kan jy met jou betonbalkon doen? Versag dit met jou gunstelingplante, skep ʼn tema en gebruik natuurlike materiale of selfs waterfokuspunte om ʼn klein oase van rustige prag te skep.
Glashuise • Die afgelope paar jaar het plant in glas al hoe gewilder geraak en dit word bewys deur die aantal glasontwerpe wat tans vir plant te kry is. Wees egter versigtig om nie sommer net met hierdie gier weg te val omdat glas nie dreineergate het nie; die grondmedium, sorg en plantkeuse is uiters belangrik.
Supergrootte versus superprestasie
‘Groen’ mure • Tuiniers is so dikwels net op die grond ingestel dat hulle nie daaraan dink om die potensiaal van boontoe kyk raak te sien nie. Namate tuinmaakplekke kleiner raak, soek baie na maniere om hul plantplek te vergroot sonder om hul bestaande tuin te dig te laat lyk. Die natuur is tans ook ʼn baie groot binneontwerpelement, en huiseienaars benut altyd plante binne en buite om die gevoel van kalmte te bring wat die natuur bied. Die antwoord hierop is vertikale tuinmaak. Deur die ruimte te benut wat tipies oor die hoof gesien word, maar groot trefkrag het, sal dié vertikale tuinidees beslis inspireer.
Span Sonkrag in
Bespaar die H2O
Klein kostuintjies met hoë produksie
Gloeiende bougainvilleas! • As jy die vreugdevolle blomkrag van bougainvilleas om jou wil hê, maar net in potte kan plant, doen dit geesdriftig omdat hulle in ʼn beperkte ruimte sal groei, en ons het aanbevelings…
Die evolusie van plante • In hierdie reeks ontdek ons die fassinerende wêreld van vleisetende plante en vind meer uit oor hoe om hulle tuis te kweek.
Bekoorlike Bella
Somerkleur in ’n pot • Die plante in hierdie groep hou almal van son en goed dreinerende grond, die rede waarom hulle in ʼn pot bymekaar hoort vir ʼn warm somerpatio.
Tropiese blomme in oorvloed • Die somer bring bekoorlike hibiskusblomme wat enorme immergroen struike in gematigde en subtropiese gebiede landswyd bedek. Om jou in staat te stel om hierdie topblomplesier van naby in jou klein tuintjie of op jou patio of balkon te geniet, plant ʼn moderne reeks Deens geteelde hibiskushibriede genaamd HibisQs.
Meer diamante • Ons is almal vertroud met die lieflike Euphorbia ‘Diamond Frost’ en nou kan ons nog twee ewe spesiale variëteite geniet.
Hoe om die beste gebruik van tuinbone te maak • Die planttyd vir stambone is na aan sy einde. As jy nog nie hierdie maklike, uiters lonende groente gekweek het nie, is hier ʼn paar aanwysers om jou bonefees te vergroot.
Koljander (Coriandrum sativum) • Dié blaarryke kruid met die pikante geur (wat ook as cilantro of dhania bekend staan) is besonder maklik om van saad te kweek. Dit...