Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.
WELKOM
Met “spookagtige” loof… • In tropiese oerwoude ver weg groei die fantastiesste plante met talle blaarvorms en kleurvariasies. Hoe skaarser of vreemder die loofskakerings en -merke is, hoe begeerliker raak hulle vir huisplantversamelaars wat alles wil hê!
TUINMARK
’n Natuurlike TREFFER • ʼn Skouspelagtige plattelandse tuin wat ʼn oase van prag en eetbare oorvloed bied.
Plantgalery
“Montage”
Laat ’n labirint jou lei • Skep ʼn roete met meer draaie om in jou tuin langs te stap. Dit sal jou goed doen…
Speel met die OU GROTES… • Die verhouding tussen ʼn goeie fokusplant en ʼn groot pot is ʼn langtermynverbintenis wat veel langer kan hou as twee mense s’n wat op ʼn maatsoekwebwerf ontmoet.
Plantevolusie Deel 1 • Toe dinosourusse miljoene jare gelede rondgeswerf het, het ʼn groep plante hul evolusiereis begin. Terwyl hulle in voedingstofarm grond gegroei het, het die wortels in blare begin verander en hul pad ver bo die grond gevind op soek na kos. Dit was die begin van die fassinerende wêreld van vleisetende plante.
Ontmoet Xa Tollemache • Bekroonde tuinontwerper Xa Tollemache is in November op pad na ons land toe met haar inspirerende verhaal van hoe sy ʼn tuinontwerper geword het en haar tyd by Helmingham Hall in Suffolk.
’n Uitnodiging
Geharde tuine • – aanpassing by veranderings in die klimaat
Soet en netjies… Minisitrus • Moenie dat grootte jou verhinder om jou eie sitrusboom te kweek nie.
Sonsasionele Salvia • Doen nou dit NOVEMBER.
Blomme en blare • As jou kolletjie wat jy wil opkikker teen sterk wind beskut is, oggendson kry en die res van die dag in spikkelskadu baai, het ons ʼn blywende en perfekte somerkombinasie om in potte of ʼn bedding te kweek:
KOSTUINMAAK
Dille
Langs die randsteen
Roselle
St Ursula • Liefhebbers van salmpienk rose kan gerus uitkyk na die nuwe edelroos ‘St Ursula’. Dit behou sy diep salmkleur deur al sy stadiums met ʼn bykomende goudkleurige gloed van die geel basis van sy kroonblare. Die ronde knoppe ontvou in ʼn volkroonblarige edelroosblom met ʼn ligte geur. Dis blomryk, word skouerhoogte en het blink siektebestande blare. Die roos is na St Ursula’s Schools vernoem.
Coleus – ’n palet van kleur
Callistemon ‘Endeavor’
Windmaker en vreemd
Sonsakkleure en loom dae
Kom ons sien die plante reg • Kry die snoeigereedskap, want daar is somersnoeiwerk om te doen…
2 langblommende tjienks • Die een is immergroen en die ander een raak rustend in die winter, maar albei blom maande lank in die somer in ʼn manjifieke oorvloed.
Mooi blare
Voedingstyd in die tuin
Teken in en wen! • Jy kan ‘n Gardena 550 Watt Electric Hedge Trimmer wen
Lemoenbloekom
NOVEMBER DOENLYS
Draagbare kruietuin • As jy ʼn tafelpotplanthouer het, kan jy vars kruie uit die tuin direk na jou patiotafel toe bring.
Maankalender • Die maand begin met die eerstekwartierfase. en die dae daarna tot volmaan is ideaal om vrugte, vrugdraende groente en blomme te plant en struike en borne te verplant. Die volmaan is die geskikste om struike, beddingplante, bolle en wortelgroente te plant. Let op dat"benat"dae vir diep natmaak aangedui word. Maak tussenin nat soos nodig. veral nuutgeplante saailinge. Oesdae word vir huistuiniers aangedui vir die verbruik van produkte binne 'n paar dae sander...