Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Die Tuinier Tydskrif

Jan/Feb Summer Bumper issue 2024
Magazine

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

WELKOM

TUINMARK • Somer se spaarders

Tuin-JOERNAAL

Superspoggerig en supermooi! • Die nederige petunia, wat in Suid-Amerika inheems en ʼn lid van die Solanaceae-familie is, is waarskynlik die geliefdste beddingplant beskikbaar, en dis dus geen verrassing dat blomkwekers wat altyd die honger verbruikersmark probeer behaag, nooit sal ophou om nuwe variëteite te ontwikkel nie.

Johannesdal • Skeppendheid blom te midde van natuurprag

PLANTGALERY

Iets nuuts en iets spesiaals

WAAG DIT om anders te wees! • Al die drama wat bromelias kan skep, is met maksimum trefkrag op die kleinste plekkie in hierdie tuin gebruik.

Horticulture and Flower TRENDS 2024 • Whether vibrant colour or gentle tones are your thing, these four trends developed by the Flower Council Holland will inspire, excite and stimulate new ways of playing with flowers and leaves in your home and in your garden.

BETEKENISVOLLE AARDE

VIVA LA VIDA

SAGTE PARADOKS

SPEELSE KONSTRUKSIE

TUINFOUTE om ten alle koste te vermy • Deur bewus te wees van hierdie agt algemene foute en daaruit te leer, kan nuwe tuiniers ʼn plek ontwikkel wat pragtig en welig is sonder die kommer.

Sag ONDERVOETS • Ons bestee nie dikwels tyd om buite kaalvoet te loop en die gevoel van sagte plante ondervoets te geniet nie. Ruim egter tydens die vakansie ʼn tydjie in om in voeling met die natuur te kom en die gevoel te geniet van grondbedekkerplante waarop jy kan loop – of om hulle vir hul eenvoudige prag te bewonder.

WATER-Tuinmaak: Tuite en borrels • Deur ‘n stukkie metaal net te draai of te buig kan ‘n wêreld se verskil gemaak word aan die manier waarop water die omgewing kan verander.

GEURIGE omgewings • ‘n Tuin gaan nie net oor wat ons alles sien nie, maar ook oor wat ons ruik, en die beste geurige plante verrig hul towerkrag in die somer…

KROON-Doring • Vir ‘n sierplant wat droogte-en hittebestand is en die hele jaar blom, kan Euphorbia milii net nie geklop word nie.

Teken in en wen! • Wen ʼn Makita 18 V Li-Ion Cordless Blower Model met batterye en ʼn laaier om paadjies, plaveisel en patio’s in ʼn kits skoon te maak.

KAMPIOENE van lae lig • Ons almal het ʼn kol in die huis met min lig wat ʼn huisplant beslis kan opvrolik.

Binnenshuise\eetbare plante • Die omwenteling in huisplante het ons geruster gestel vir die idee om plante binne te kweek. Die volgende logiese vraag is dus of ek eetbare plante ook binne kan kweek?

Heldinne van TUINBOUKUNDE

WAT OM NOU TE DOEN • Ons gids vir plant, saai, snoei, verdeling en versorging van jou tuin – inspirasie van Die Tuinier-span.

EKSOTIESE eilandbewoner

Helder somervullers • Dis tyd vir kleur! Beddingplante is ’n maklike manier om dadelik kleur in jou tuin of in ’n houer te kry, en daar is ’n beddingplant vir elke kol, of dit nou in die son of in die skadu is.

TERUG SKOOL TOE met ’n plant • As jy ʼn kind koshuis of universiteit toe stuur, hoekom nie ʼn potplant saamstuur om sy of haar omgewing ʼn bietjie kalmer en rustiger te maak nie?

MOTTE aan ’n stingel • Phalaenopsis-orgideë is een van die mooiste blommende huisplante en dis baie maklik om hulle te kweek.

MAGENTA-betowering!

NIKS OM OOR “blou” te wees nie! • Dis warm daarbuite, maar ons het ʼn sterk span blomplante om jou tuin af te koel met verskillende...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 116 Publisher: Lonehill Trading (PTY) LTD Edition: Jan/Feb Summer Bumper issue 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: December 18, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Home & Garden

Languages

Afrikaans