Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.
WELKOM
TUINMARK
TUIN-JOERNAAL
Plant ’n ruigtetjie • Die Engelse woord vir“ruigte” of“kreupelbos” is copse, ʼn ou woord wat selde gebruik word vir ʼn klein groepie bome wat baie na aan mekaar geplant word om ʼn boslandgebied te vorm. Dis waarskynlik ook ʼn outydse idee omdat min tuine in die voorstede plek vir ʼn miniatuurbos het.
Mediterreense SJARME • Wanneer ʼn huiseienaar met visie en twee talentvolle vakmanne saamwerk, is die gevolg betowerend.
’n Blomryke herfs • April in Afrika beteken warm en milde weer waarvan baie laatsomerblommende meerjariges hou. Trek voordeel hieruit deur hul blomkrag by jou herfstuin te voeg om die somervoorkoms langer te behou.
O, my gras! • As jy ewigdurende beweging en plante wil hê wat bereid is om selfs in die hartjie van die winter hul beste te oortref, moet jy grasse plant…
Groei op die helling… • Redakteur Tanya Visser beskryf hoe sy die steilste van verskeie hellings in haar pragtuin getem het.
Wintervoorkoms
SAKPASWENKE VIR GROENTEKWEEK
Lig in jou SKADU
Curcuma Tulpe uit die trope • Die Curcuma-plantgenus sluit die eetbare spesery Curcuma longa in wat beter bekend is as borrie. Die genus sluit ook die lieflike tropiese plant Curcuma alismatifolia (Siamese tulp) in wat in kouer streke binne en in warm klimaatstreke buite in die tuin gekweek word.
Vrede in die huis • Die vredeslelie (Spathiphyllum) is ʼn ikoniese huisplant wat aandag verdien vir sy amper onvernietigbare aard, pragtige donkergroen blare en spierwit bloeiskedes wat amper soos seile bo die loof dryf.
Die bestuur van stormwaterafloop wat landskappe betref
Hoe om met ranonkels te ontwerp • Bolle kan soveel meer wees as net ʼn kol van hulle wat êrens lukraak geplant is.
Alocasia ‘Stingray’
Pragtig saam! • Wie sal nie so ʼn mooi kombinasie in hul laatwinter-en lenteblombeddings wil hê nie?
Nog ’n bietjie somer, vir oulaas
blaarslaai suksesvol te kweek • Blaarslaai is in wese ʼn koelseisoengewas en met die regte soort sorg is dit moontlik om tot die lente smaaklike, bros blare te oes. Hier volg hoe om dit te doen:
Snoei
Rosesorg
Groentetuintake
Die lente se Vyfduifies • Akelei, wat ook as vyfduifies bekend staan, is outydse kothuistuingunstelinge.
Saaigids
Roos van die maand
Piekelsoetrissies
Kappertjies
Kappertjiepesto
Petunias met lang arms
Hoe om ’n BOOM TE PLANT • Die herfs is uitstekend vir boomplant, en tog is die positiewe uitwerking wat dit jare later as manjifieke eksemplaar op die landskap sal hê, geleë in hoe ʼn mens dit doen.
Intekening-Winskopie
Riviervaderlandswilg vir herfsblare
Dit gaan alles oor beskerming • Tuinmaak is doodmaklik as jy gesofistikeerde produkte gebruik om jou plante teen hul ergste vyande te beskerm. Daar is ʼn helpende hand wat jy net moet gryp!
Vlymskerp • Dis tyd om die gereedskap skerp te maak om gereed te maak vir die vernaamste snoeityd van die jaar. Vir party gereedskap is professionele hulp nodig terwyl ander tuis skerpgemaak kan word deur dié wenke te volg:
Uitgroei • My knoppiesdoring-(Senegalia nigrescens-)bonsai het ʼn bietjie wild gegroei. Gewoonlik groei my bome só omdat ek te besig is met ander goed, hoewel ek dit in dié geval opsetlik toegelaat het om uit te groei.
DDS Lugtige...